Wednesday, December 8, 2010

Bianca en die bloublasie



Bianca en die blou blasie.
Laat middag, 27 Februarie 2010, op Hartenbos se strand. Bianca se eerste kennismaking met  Physalia utriculus. Hier volg `n kort weergawe van die commotion daarna.  Twee ouerige locals stap nader waar ons besig is om koorsagtig hotnots vygies op die strand te verpulp en aan Bianca, wat op die top van haar stem protesteer, se been te probeer smeer.  Hulle gee raad van uriene en handy Andy. Ons het nie een van dié twee geneesmiddels byderhand nie en jaag vir Hartenbos apteek.  Die apteek is toe. Mall toe na Click's apteek. Bianca skree blou moord. By Click’s gee die jong apteker een kyk na Bianca, wie se klein tongetjie teen meer as die toegelate decibels vir openbare geraas vibreer, skrik haar gat af en gil ons moet liewers dokter toe.  Ons vat pad na die staats hospitaal se buite pasiënte met Bianca wat nou `n oktaaf hoër gil. Vul die vorm in en try terselfdertyd om Bianca te probeer kalmeer. Uiteindelik gee `n suster aandag en deel ons mee dat hulle nie kinders jonger as 3 behandel vir so iets nie, (kon die "box" wat my die vorm laat invul het dit nie in die eerste plek genoem het nie) ons moet Fanie se Apteek toe. Met Bianca as sirene, jaag ons vir Fanie se Apteek. Daar aangekom, staan daar klaar `n ry mense voor die aptekers toonbank, maar Bianca skree vir ons plek oop voor in die ry terwyl hulle aan weerskante van die gangetjie opdam soos die rooi see.  `n Suster neem ons na die konsulteer kamer en tien minute later is Bianca se alarm afgeskakel en ons kry koers huis toe. Laat aand terwyl juffrou rustig slaap, sak ek neer in `n stoel op die stoep met `n drie dubbele Whisky, sonder mix, om my senupunte wat soos ystervark penne staan net weer in lyn te kry.

Saturday, December 4, 2010

Die ongewenste




Die ongewenste.

Versukkeld met skouers geboë
dwalend deur die strate
geen vonkel meer in sy oë
“Net ses rand, seblief meneer
dit koop toegang by die skuiling
al plek vir my teen die koue weer”
Dag vir dag leef hy bakhand
vir oorskiet en ‘n paar sente.
dalk soms ‘n rand
Daar was geen aalmoese diè dag
buite die skuiling was dit net hy
en die winternag
Toegerol in koerant en karton
in die klein ure van die nag
verloor hy die stryd op ysige beton
Niemand het kom afskeid neem
in die akker vir vreemdes
net nog ‘n graf sonder steen.

Wednesday, December 1, 2010

Die naakte waarheid.


Die oorgrote meerderheid in die cul de sac waar ek woonagtig is, is afgetredenes.  Mense met inbors, kerk mense. Elkeen gaan sy gang en hou hom doenig met sy eie dingetjie.  Die rustigheid self.
Nou die dag, so uit die hoek van my oog, bemerk ek een van die senior dames, baie onprofessioneel gekamoefleer tussen haar gordyne, met ‘n verkyker wat die Hubble na ‘n speelding laat lyk, besig met ‘bird watching.’ Op slag was ek die moer in, maar besluit toe ag, tenminste gaan sy met hulle volgende teëdrink sessie, kan spog met ‘n regmerkie agter ‘n naam op haar lys van uiters skaars voëlsoorte. 
Dit is eers heelwat later wat een van my vriende die res van die prentjie vir my ingevul het.  Sy vrou was genooi vir biscuits en tee by die senior dames bird watching klub. Met haar tuiskoms vertel sy hom dat daar op die klub se kennisgewing bord in my buurvrou se kolom, onder die opskrif ‘Birdie of the week’ `n foto opgesit is met die onderskrif ‘Pilum excellences.’
Ek was so blind die bliksem in toe ek haar die dag betrap waar sy deur `n verkyker my naaktheid met haar oë betas, dat ek nooit die gestelde kamera met zoom lens gesien het nie.

Heil die system...

Heil die system......
Die dag wanneer jy niemand meer kan help sonder die verwagting van enige onmiddellike of toekomstige voordeel vir jouself nie, trek  jou beste pak klere aan en gaan staan voor die grootste spieël wat jy kan kry,  klop jouself op die skouer want  jy het jou siel veruil en `n volwaardige dissipel geword van die system.  Hallelujah!! Mag sy gees jou opneem op vlerke soos die van `n arend tot die hoogste hoogtes van selfsug waar net jy en jou patetiese image sal wees.  Die vrug van hebsug so gestalte in jou kry dat jy die beste deel van jou lewe koorsagtig sal raap en skraap om jou skure vol te prop.  Snags rondrol op jou bed soos `n deur op sy skarniere vol angs en bekommernis oor dalende rente koerse, bedrog en inflasie.  Laat jou heer se seëninge van stress, depressie en angstigheid so oorvloedig op jou neerdaal totdat jou hart later geen keuse sal hê as om jou plug te trek nie.
Wanneer jy dan die poorte van jou heer betree waar hy jou met ope arms inwag met `n persoonlike groet; “Mooi so goeie en getroue slaaf, met ywer het jy versamel en weggebêre en weinig aan jouself, wat nog te sê ander, gegun. Kom sit aan my regterhand en aanskou hoe `n ander  by jou eenvoudige graf `n loflied aanhef en heildronk drink met die duurste sjampanje wat die donner met geld uit jou spaarvarkie gekoop het. As laaste eerbetoon top hy die goedkoop plastiese blomhouer op met urine, terwyl hy in sy besopenheid leun teen jou tuisgemaakte grafsteen met net een begeerte naamlik om lank genoeg te kan lewe om jou weduwee en haar erfposie behoorlik deur sy gat te kan trek.”
NS. Wat `n kak vraag!  Natuurlik spyker hy jou weduwee en boonop  in dieselfde bed. Met jou nagtelike geworstel om jou takings te rekonsilieer, het jy daai deel mos ook gebêre, onthou jy?