Heil die system......
Die dag wanneer jy niemand meer kan help sonder die verwagting van enige onmiddellike of toekomstige voordeel vir jouself nie, trek jou beste pak klere aan en gaan staan voor die grootste spieël wat jy kan kry, klop jouself op die skouer want jy het jou siel veruil en `n volwaardige dissipel geword van die system. Hallelujah!! Mag sy gees jou opneem op vlerke soos die van `n arend tot die hoogste hoogtes van selfsug waar net jy en jou patetiese image sal wees. Die vrug van hebsug so gestalte in jou kry dat jy die beste deel van jou lewe koorsagtig sal raap en skraap om jou skure vol te prop. Snags rondrol op jou bed soos `n deur op sy skarniere vol angs en bekommernis oor dalende rente koerse, bedrog en inflasie. Laat jou heer se seëninge van stress, depressie en angstigheid so oorvloedig op jou neerdaal totdat jou hart later geen keuse sal hê as om jou plug te trek nie.
Wanneer jy dan die poorte van jou heer betree waar hy jou met ope arms inwag met `n persoonlike groet; “Mooi so goeie en getroue slaaf, met ywer het jy versamel en weggebêre en weinig aan jouself, wat nog te sê ander, gegun. Kom sit aan my regterhand en aanskou hoe `n ander by jou eenvoudige graf `n loflied aanhef en heildronk drink met die duurste sjampanje wat die donner met geld uit jou spaarvarkie gekoop het. As laaste eerbetoon top hy die goedkoop plastiese blomhouer op met urine, terwyl hy in sy besopenheid leun teen jou tuisgemaakte grafsteen met net een begeerte naamlik om lank genoeg te kan lewe om jou weduwee en haar erfposie behoorlik deur sy gat te kan trek.”
NS. Wat `n kak vraag! Natuurlik spyker hy jou weduwee en boonop in dieselfde bed. Met jou nagtelike geworstel om jou takings te rekonsilieer, het jy daai deel mos ook gebêre, onthou jy?
No comments:
Post a Comment